Natuurwetenskap
Natuurwetenskap — Fotosintese
ANSIE · VIR SKOOLWERK
Van die handboek se bladsye, na ’n opsomming, toets en memo.
Stuur een afbakening vir een vak op WhatsApp. Ansie maak vir jou 'n vraestel, toets en memo. Jy ontvang drie aparte PDF’s.
Vir ouers wat met skooltoetse en eksamens help, tuisskoolouers en onderwysers wat hersiening voorberei.
Net die afbakening. Niks meer nie.
Praat met Ansie op WhatsApp Kyk na regte voorbeeldbladsye ↓Vanaf R99 · Eenmalig; geen intekening nie.
WOORDE VAN OUERS
Wat ouers sê
Vorige jare het ek my seuns se opsommings en vraestelle self uit geskryf, wat baie tyd gevat het (en baie frustrasie). Nou stuur ek alles vir Ansie en binne 2 dae het ek alles wat ek kort. Eks 'n werkende ma so hierdie diens help my en die seuns baie! 🤗
⭐⭐⭐⭐⭐ Uitstekende diens, ongelooflike gehalte en 'n ware seën vir enige mamma!
Lees die volledige resensie
As 'n besige, werkende enkelma van twee skoolgaande kinders weet ek hoe oorweldigend dit kan raak om 'n voltydse werk, 'n huishouding, kinders se skoolwerk en al die verantwoordelikhede van die alledaagse lewe te probeer balanseer. Daar kom eenvoudig 'n punt waar die ure in 'n dag net nie meer genoeg is nie. Ek wou altyd self my kinders se opsommings doen en seker maak hulle is goed voorbereid vir elke toets en eksamen, maar mettertyd het dit net te veel geword.
En toe ontdek ek vir Ansie – en wat 'n ongelooflike verskil het sy nie in ons lewe gemaak nie!
Van dag een af was Ansie se diens absoluut uitstaande. Sy is altyd vriendelik, ongelooflik behulpsaam, professioneel en besonder vinnig met haar terugvoer. Wat haar diens vir my nog meer besonders maak, is dat sy werklik verstaan wat ouers en kinders nodig het.
Die gehalte van haar opsommings is eenvoudig uitstekend! Alles is netjies, deeglik, goed uiteengesit en op so 'n manier saamgestel dat kinders die werk makliker kan verstaan en met selfvertroue kan leer. Jy kan duidelik sien hoeveel tyd, aandag, liefde en moeite sy in elke opsomming insit. Dit is nie sommer net 'n klomp leerwerk op papier nie – dit is werk wat met sorg en toewyding voorberei word.
Die grootste bonus is dat jy nie net opsommings ontvang nie, maar ook vraestelle én memorandums! Dit maak die voorbereiding vir toetse en eksamens soveel makliker, omdat die kinders nie net die werk kan leer nie, maar ook kan oefen en hul kennis toets.
En dan is daar haar ongelooflike vinnige diens! Ek ontvang my opsommings, vraestelle en memorandums dikwels nog dieselfde dag. Dit is iets wat ek opreg waardeer, veral wanneer die skoolprogram besig raak en tyd so kosbaar is.
Maar vir my gaan Ansie se diens oor soveel meer as net uitstekende studiemateriaal.
Sy het vir my iets teruggegee wat geen geld kan koop nie – kosbare tyd saam met my kinders en 'n bietjie gemoedsrus.
Waar ek voorheen saans ure moes spandeer om opsommings te maak, kan ek nou daardie tyd gebruik om my kinders te help leer, hulle aan te moedig en eenvoudig net hulle mamma te wees. Die druk op my as ouer is soveel minder, en dit maak 'n wêreld se verskil.
Wat my die meeste beïndruk, is dat Ansie se diens nie net uitstekend was toe ek die eerste keer by haar bestel het nie. Haar vriendelikheid, betroubaarheid, vinnige diens en hoë standaarde bly konstant. Dit is vir my die ware bewys van iemand wat trots is op haar werk en opreg omgee.
Ansie, ek dink nie jy besef altyd hoe groot die verskil is wat jy in 'n besige mamma se lewe maak nie. Jy verkoop nie bloot opsommings nie. Jy help om die las ligter te maak, gee ouers gemoedsrus en help kinders om beter voorbereid en met meer selfvertroue hul skoolwerk aan te pak.
Ek kan Ansie se diens met die grootste vrymoedigheid aanbeveel aan enige ouer wat kwaliteit, betroubaarheid en uitstekende diens waardeer.
Dankie, Ansie, dat jy met soveel passie en toewyding doen wat jy doen. Jy maak nie net ons kinders se leerwerk makliker nie – jy maak ook ons lewe as ouers soveel ligter.
Van een dankbare enkelmamma: Jy is werklik 'n seën, en jou diens is elke sent werd! ❤️
HOEKOM ANSIE?
Hulp wat die werk ligter maak
- Minder tyd aan voorbereiding vir ouers en onderwysers.
- ’n Duidelike opsomming om die leerwerk te orden.
- ’n Oefenvraestel én memorandum om antwoorde na te gaan.
- Regstreekse WhatsApp-kontak en persoonlike hulp met jou werksversoek.
Nie net leervakke nie: ons maak ook toetse en memorandums vir Wiskunde, Afrikaans en Engels. Stuur jou afbakening op WhatsApp sodat Ansie jou werksversoek kan nagaan.
BLAAI DEUR DIE VOORBEELDE
Kyk hoe lyk ons werk
Begin met geïllustreerde Natuurwetenskap-bladsye. Blaai verder vir Bybel-opsommings, vraestelle en memorandums, en Graad 4 Geskiedenis-opsommings.
Sleep sywaarts om al 18 te sien. Tik op ’n bladsy om dit te vergroot.
Natuurwetenskap
Natuurwetenskap — Fotosintese
Natuurwetenskap
Natuurwetenskap — Sade en plantgroei
Natuurwetenskap
Natuurwetenskap — Die menslike hart
Natuurwetenskap
Natuurwetenskap — Die asemhalingstelsel
Natuurwetenskap
Natuurwetenskap — Inaseming en uitaseming
Opsomming
Opsomming — voorbeeld 1
Opsomming
Opsomming — voorbeeld 2
Opsomming
Opsomming — voorbeeld 3
Opsomming
Opsomming — voorbeeld 4
Opsomming
Opsomming — voorbeeld 5
Opsomming
Opsomming — voorbeeld 6
Vraestel
Vraestel — voorbeeld 1
Memorandum
Memorandum — voorbeeld 1
Geskiedenis
Geskiedenis — Die groot tydlyn
Geskiedenis
Geskiedenis — Die Eerste Britse besetting
Geskiedenis
Geskiedenis — Die Britse setlaars
Bybel Gr. 5 — Memorandum
Bybel Gr. 5 — Memorandum — Antwoorde en pasvrae
Bybel Gr. 5 — Memorandum
Bybel Gr. 5 — Memorandum — Die saaier en die onkruid
Geselekteerde Natuurwetenskap- en Geskiedenis-opsommings en Bybel-voorbeelde vir Graad 5 en 6 — nie die volledige PDF-stelle nie.
Eenmalige, vaste prys
Per afbakening · per vak · een PDF
Minder as 100 bladsye
1–99 bladsye
R99 ZAR
Eenmalig per afbakening, per vak, in een PDF
Drie aparte PDF’s: ’n opsomming, toets en memorandum
Praat met Ansie op WhatsApp100–150 bladsye
100–150 bladsye
R149 ZAR
Eenmalig per afbakening, per vak, in een PDF
Drie aparte PDF’s: ’n opsomming, toets en memorandum
Praat met Ansie op WhatsAppSo werk dit
- Kontak Ansie op WhatsApp en stuur een afbakening vir een vak in een PDF.
- Ansie gaan jou werksversoek en afbakening na, tel die bladsye en bevestig die prys.
- Ansie stuur daarna jou Paystack-betaalskakel op WhatsApp. Maak die skakel oop en betaal direk via Paystack.
- Ná betaling maak Ansie jou opsomming, toets en memorandum.
Jy ontvang die betaalskakel eers nadat Ansie jou werksversoek nagegaan het. Dit is 'n eenmalige betaling — nie 'n intekening of herhalende debietorder nie.