Meld aan Pryse EN

Terugbetalingsbeleid

Laas bygewerk: 26 Augustus 2026

Sewe dae, ingevolge die ECT-wet

Koop jy elektronies, het jy sewe dae om die transaksie te kanselleer en 'n volle terugbetaling te kry – mits jy die diens nog nie gebruik het nie.

Sodra bladsye gebruik is en dokumente gelewer is, is daardie bladsye verbruik en nie terugbetaalbaar nie. Dit is die aard van digitale inhoud wat gelewer is.

Wanneer ons wel terugbetaal

Jy is dubbel gehef – ons betaal die duplikaat volledig terug.

Die diens was afwesig vir 'n aansienlike deel van jou intekenmaand – kontak ons; ons kyk pro rata daarna.

Die dokumente is duidelik gebrekkig: leeg, onleesbaar, of oor iets heeltemal anders as wat jy opgelaai het. Stuur die verwysingskode en ons gee die bladsye terug.

'n Oplaai wat misluk het, gebruik in elk geval nie bladsye nie – daar is niks om terug te betaal nie, en jy kan weer probeer met dieselfde bladsye.

Wanneer nie

Jy is ontevrede met die inhoud se styl, moeilikheidsgraad of keuse van vrae. Dit is 'n oordeelsaak, en die 'genereer nuwe vrae'-knoppie bestaan juis daarvoor.

Jy het bladsye gekoop en hulle nie gebruik nie. Bladsye verval nie – hulle wag.

Jy het per ongeluk die verkeerde bladsye opgelaai.

Hoe om te vra

Skryf aan kontak@ansie.co.za met jou rekening-e-pos en, waar van toepassing, die verwysingskode van ses karakters wat op die skerm verskyn het.

Ons antwoord binne 2 werksdae. 'n Goedgekeurde terugbetaling gaan terug na dieselfde kaart, gewoonlik binne 7 dae nadat Paystack dit verwerk het.

Vrae? Skryf aan kontak@ansie.co.za