Meld aan EN

Pryse

Jy koop bladsye wat jy OPLAAI – die handboekbladsye wat vir die toets afgebaken is. Wat jy terugkry, is gewoonlik vier keer soveel.

Jy betaal per bladsy wat jy oplaai, nie per oplaai nie.
'n Afbakening in die grondslagfase is dikwels net vier of vyf bladsye, so jou bladsye rek verder. Elke oplaai kan tot 20 bladsye wees.

Die eerste vier is planne wat jy self gebruik. Die laaste een is wanneer Ansie dit self vir jou doen.

Probeer gratis

Gratis

10 bladsye

  • Genoeg vir een afbakening
  • Opsomming, toets en memorandum
  • Geen kaart nodig nie
Gewildste

Maandeliks

R120 / maand

40 bladsye per maand

  • Uit elke oplaai: opsomming, toets en memorandum
  • Of 'n mondeling, huiswerkblaaie of 'n skoon oefenblad
  • Onbeperkte kinders
  • Aflaai so dikwels as wat jy wil
Meld aan om te kies

Maandeliks groot

R179 / maand

75 bladsye per maand

  • Alles in 'Maandeliks'
  • Vir baie vakke, of meer as een skoolkind in die huis
  • Onbeperkte kinders
Meld aan om te kies

Los bladsye

R69 eenmalig

20 bladsye

  • Geen intekening – betaal net wanneer jy dit nodig het
  • Verval nie – hulle wag tot jy hulle gebruik
Meld aan om te kies
VIP

Laat Ansie dit self doen

R99 per vak, eenmalig

Opsomming, vraestel en memorandum

Geen bladsyperk nie.

Die planne werk met bladsye. Hier nie. Of die afbakening ses bladsye is of veertig — dis dieselfde prys. Stuur die hele afbakening en klaar.

Jy stuur een PDF. Sy doen die res.

Geen oplaai, geen wag met die foon in jou hand, geen rekening nodig nie.

Gebou vir hóé jou kind leer.

Meer kleur, prente en groter skrif vir 'n kind wat visueel leer. Of skoon en eenvoudig met baie wit ruimte as 'n vol bladsy hom oorweldig.

Vra net wat jy wil hê.

'n Korter vraestel. Net die afdelings waarmee hy sukkel. Jou eie punte-totaal.

Ansie kyk self na elke bladsy voordat sy begin, en sê vir jou as iets ontbreek.

Binne twee werksdae terug. Een vak of die hele kwartaal.

Het jy dit vinniger nodig? Vra Ansie op WhatsApp of vinniger aflewering moontlik is.

Kry VIP-toegang tot Ansie

Wat is 'n bladsy?

Een bladsy is een bladsy van die handboek wat jy skandeer. Is daar agt bladsye vir Woensdag se toets afgebaken, gebruik daardie oplaai agt bladsye.

Wat jy AFLAAI tel nie. Drie bladsye wat opgelaai is, het 13 bladsye teruggegee – ’n opsomming, ’n toets en ’n memorandum. Jy betaal vir die drie.

Pryse is in Suid-Afrikaanse rand. Ons is nie vir BTW geregistreer nie, dus is daar geen BTW op hierdie pryse nie. Ons stel jou per e-pos in kennis voordat ’n prys verander, en dit geld eers vanaf jou volgende faktuur.

Terugbetalings · Kansellasie · Diensvoorwaardes