Gratis hulpbronne
Drukbare skryfoefenblaaie – geen AI, geen koste per aflaai nie. Laai af, druk uit, gebruik so dikwels as wat jy wil.
Graad R – 2
Voor sy begin skryf
-
Patrone om oor te trek
Sigsagte, golwe en lusse. Dit is die bewegings waaruit letters gemaak word – 'n kind wat nog nie 'n golf kan trek nie, kan nog nie 'n 'e' skryf nie.
-
Vorms om oor te trek
Sirkel, vierkant, driehoek, ster, hart. 'n Vorm het nie 'n basislyn nodig nie – dit het ruimte nodig, en dus staan elkeen in sy eie blokkie.
-
Van links na regs
Spore om te volg, altyd van links af. Skryfrigting is aangeleer, nie natuurlik nie.
Letters
-
Los skrif – A tot Z
Een bladsy per letter, hoofletter en kleinletter saam. Die swart sleutel langs die letter wys waar die potlood begin en watter kant toe.
-
Los skrif – wyer lyne
Dieselfde bladsye met 20mm-lyne, vir 'n kleiner hand met 'n dik potlood.
-
b d p q – die moeilikes
Die vier wat omgeruil word, saam op een bladsy. Meer oortrek help nie hier nie – die reël is die VOLGORDE: b en p begin met die lyn, d en q met die sirkel.
Nommers
Simbole en tekens
Vir jou
Meer hulpbronne kom soos die versameling groei.