Meld aan EN

Kansellasiebeleid

Laas bygewerk: 26 Augustus 2026

'n Intekening kanselleer

Kanselleer enige tyd in jou rekeninginstellings, of skryf aan kontak@ansie.co.za.

Kansellasie geld vanaf die einde van die tydperk waarvoor jy reeds betaal het. Jy hou jou toegang tot daardie datum.

Ons hef nie 'n kansellasiefooi nie en ons vra nie 'n rede nie. Ons betaal nie 'n gedeeltelike maand terug nie, behalwe soos in die Terugbetalingsbeleid gestel.

Wat met jou werk gebeur

Na kansellasie bly jou rekening bestaan en jou vorige dokumente bly beskikbaar om af te laai.

Jy kan net nie nuwe oplaaie maak nie totdat jy weer inteken of bladsye koop.

Jou rekening skrap

Wil jy alles verwyder he, skryf aan kontak@ansie.co.za.

Ons skrap jou rekening, jou kinders se profiele, jou opgelaaide bladsye en jou dokumente binne 30 dae. Dit kan nie omgekeer word nie.

Vrae? Skryf aan kontak@ansie.co.za